Home arrow Jokes arrow Afrikaans arrow Die koei
 

Expat Login

Expat Workflows

You are not authorised to view this resource.
You need to login.

Expats Online

No Users Online
 
 
Advertisement

Die koei PDF Print E-mail
Die koei is 'n wonderlike ding....of so iets

Die volgende is glo in 'n opstel kwytgeraak deur 'n leerling van 'n skool naby Vryheid.

"Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals. 'n Koei het 'n baie fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Agteran die koei sitdie stert. An die een kant vannie stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en an die anner kant sit die koei.

Die koei gebruik die kwas om die flieje van haar weg te hou anners val hulle innie melk. Voran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei. Die koei is oorgetrek met 'n beesvel.

Onderan die koei hang die melk. om die melk te kry maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy onner die koei entrek die toutjies. Dan kom die melk.

As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is die melk sleg. As die donner weer in die lug is, is die melk weg. As dit 'n ou koei is, is die melk suur.

Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net een keer kos dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te sê is nie 'n vloekwoord nie.

Verder weet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou kyk moet jy padgee want dan is dit 'n bul."


Add Comments
 
Next >
 

Copyright © 2006 Catriona Stevenson - www.Go-2-sa.com
Site designed & maintaned by Media-Slave.co.uk